Die JESUS
Film
Jy mag dalk al baie
films gesien het maar die JESUS film is
iets totaal anders. Dit is ‘n betroubare voorstelling van die lewe van Christus,
en dit verander letterlik lewens.
JESUS is die mees vertaalde en wydverspreide film
in die industrie. Die redes vir sy wêreldwye sukses en trefkrag lê blykbaar
in sy betroubaarheid, akkuraatheid en aandag aan detail.
Die Lukas-Evangelie in die Bybel is gekies as die basis vir die dialoog en
aksie in die film. Vyf jaar se sorgvuldige navorsing en voorbereiding is eers
gedoen voordat die verfilming ter plaatse (oorspronklike gebied) begin het
in Israel. Navorsers, argeoloë, geskiedkundiges en teoloë is geraadpleeg.
Spesiale werkswinkels het eerste-eeuse pottebakkeryvoorwerpe, gereedskap en
klere vervaardig .
"Ons begeerte is om 'n dramatiese dokumentêr te vervaardig oor 'n
man wat 2000 jaar gelede gelewe het," was Paul Eshleman, Direkteur van die
wêreldwye verspreiding van die JESUS film, se kommentaar. "Jesus het met Sy
hande gewerk, tussen die mense gebly, dieselfde kos geëet en hul pyn geken.
Ons wou 'n film produseer wat die kykers met 'n gevoel laat
dat hulle 'n
beter begrip het van hierdie man wat die geskiedenis se verloop en mense
se lewens nog steeds verander. Die Een wat beide God en mens is, Jesus
van Nasaret."
Om die beste akteurs te kry vir hierdie dramatiese uitbeelding van Jesus se
lewe het intensiewe soektogte vereis, veral vir dié wat Hom sou uitbeeld..
Vir meer outentieke gesigte is die 45 akteurs en omtrent al die 5 000
ekstras uit mense wat in die Midde-Ooste gebly het, gebruik. Vir die hoofrol
van Jesus is Brian Deacon van Engeland se vermaarde Royal Shakespeare
Company egter gekies. Deacon is gekies uit ongeveer 1000 akteurs vanweë sy
eenvoudig-simpatieke, maar eerbiedige wyse waarop hy die verhaal van Jesus
soos aan die mensdom deur die evangelie van Lukas oorgebring, vertolk het.
Tot op datum, is die film JESUS reeds in meer as 650
tale vertaal. Dit is deur meer as 4 biljoen mense reg oor die wêreld gesien.
Die film is deur
Campus Crusade for Christ Internasionaal gefinansier en geborg. Dit is
voortreflik geproduseer deur John Heyman, Cannes Film Festival
toekennings-wenner. Warner Brothers het die aanvanklike vrystelling in
Noord-Amerikaanse teaters hanteer.
|