Besoek enige wêrelddeel vandag. Praat met mense
oor Godsdiens. Dit maak nie saak hoe toegewyd hulle aan hulle eie
godsdiens is nie, as hulle enigsins iets van geskiedenis weet, sal hulle
moet erken dat daar nog nooit 'n mens soos Jesus van Nasaret was nie.
Hy is voorwaar die mees unieke persoonlikheid van alle tye!.
Jesus het die rigting van die geskiedenis verander. Selfs die
datum op jou oggendkoerant getuig van die feit dat Jesus op hierdie aarde
2000 jaar gelede geleef het - vC staan vir voor Christus; en nC vir na
Christus. SY KOMS WAS VOORSPEL
Eeue voor Christus se geboorte het die Israelitiese profete reeds Sy
geboorte voorspel en aangeteken in die Skrif. Die Ou Testament wat
deur verskeie mense oor 'n tydperk van 1500 jaar geskrywe is, bevat meer as 3000
profesieë wat Sy koms beskryf. Elkeen van hierdie profesieë het waar geword,
insluitende Sy wondergeboorte, Sy sondelose lewe, Sy baie wonderwerke, Sy
dood en Sy opstanding.
Die lewe wat Jesus gelei het, Sy wonderwerke, die woorde wat Hy gespreek het,
Sy dood aan die kruis, Sy opstanding en Sy hemelvaart - alles dui heen op die
feit dat Hy nie bloot 'n gewone mens was nie, maar meer as 'n mens. Jesus het gesê: "Ek en die Vader is een" (Johannes 10:30).
"Wie my sien, sien die Vader" (Johannes 14:9), en "Ek
is die weg en die waarheid en die lewe, niemand kom na die Vader toe behalwe
deur My nie." (Johannes 14:6).
SY LEWE EN BOODSKAP HET VERANDERING TOT GEVOLG

Wanneer mens nadink oor die lewe en invloed wat Jesus van Naseret, dié Christus deur
die hele geskiedenis, sal jy agterkom dat Hy en Sy boodskap altyd groot
veranderinge tot gevolg het in die lewens van mense en verskillende volke.
Waar ookal Sy leerlinge en invloed versprei het, is die heiligheid van die
huwelik, vroueregte en die stem van die gemeenskap erken; skole en universiteite
is tot stand gebring; wette om kinders te beskerm is gemaak; slawerny is
afgeskaf en 'n menigte ander veranderinge is te weeg gebring wat die
lewenskwaliteit van die mensdom verhoog het. 'n Voorbeeld hiervan is die van Lew Wallace, 'n
bekende generaal en literêre genie, wat ook 'n uitgesproke ateïs was. Vir
twee jaar lank het Mnr. Wallace in die grootste biblioteke van Europa
en Amerika gestudeer om inligting te versamel wat Christenskap vir ewig sou
vernietig. Terwyl hy besig was om die tweede hoofstuk van 'n beplande
boek te skryf, het hy homself skielik op sy knieë bevind en
uitgeroep na Jesus: "My Here en my God!"
As gevolg van onbetwisbare bewyse kon hy nie langer ontken dat Jesus
die Seun van God was nie. Later het hy die boek "Ben Hur"
geskryf, een van die
mees bekende Engelse literêre werke ooit, wat handel oor die tyd
waarin Christus gelewe het.
Net so het die ontslape C.S. Lewis, 'n professor by Oxford in
Engeland, en 'n uitgesproke agnostikus ook die goddelikheid van Christus vir jare lank
ontken. Maar ook hy moes homself
oorgee aan Jesus, as sy God en Redder, nadat hy die oorweldigende
getuienisse oor Sy goddelikheid bestudeer het.
HERE, LEUENAAR OF KRANKSINNIGE?
In sy bekende boek "Mere Christianity" maak Lewis hierdie stelling:
"'n Blote mens wat al die dinge gesê het wat Jesus
gesê het, sal nie 'n groot morele leermeester wees nie. Hy sou eerder 'n
kranksinnige wees - op die vlak van iemand wat beweer hy is 'n hardgekookte eier - of hy
sou die duiwel uit die hel wees. Jy moet jou keuse maak. Of Hy was, en
is, die Seun van God, 'n malmens of iets ergers. Jy sou Hom kon
afmaak vir 'n dwaas of jy kan voor Sy voete val en Hom aanbid as Here en
God. Dit sal dwaas wees om Hom af te maak as 'n 'groot
menslike leermeester', Hy het nie aan ons daardie opsie oopgelaat nie.
Wie is Jesus van Nasaret vir jou? Jou hele lewe op aarde en tot in alle
ewigheid word deur jou antwoord beïnvloed.
Alle ander godsdienste was deur gewone mense geskep en is gebaseer op
mensgemaakte filosofieë, reëls en norme vir gedrag. Wanneer jy die skeppers van hierdie godsdienste uit hulle dissiplines en
aanbiddingspraktyke neem sal jy sien dat min of niks sal verander nie.
Maar neem Jesus Christus uit Christenskap, en daar sal niks oorbly nie.
Bybelse Christenskap is nie net 'n filosofie van die lewe nie, ook nie 'n
etiese standaard of gehoorsaamheid aan 'n godsdienstige gewoonte nie.
Nee, ware Christenskap is gebaseer op 'n lewegewende, persoonlike verhouding
met 'n opgestane lewende Verlosser en Here.
'n OPGESTANE GRONDLEGGER
Jesus van Nasaret is gekruisig, begrawe in 'n geleende graf en drie dae
later het Hy uit die dood opgestaan. Christenskap is uniek in hierdie
opsig. Enige argument oor die geldigheid van Christenskap berus op die
bewys van die opstanding van Jesus van Nasaret.
Deur die eeue heen het meeste navorsers wat hulle bemoei het met die bewyse
van die opstanding, geglo en glo hulle nog, dat Jesus lewe. Nadat hy
die bewyse vir die opstanding soos deur die evangelie-skrywers verskaf
ondersoek het, het die gestorwe Simon Greenleaf, 'n outoriteit in
regsgeleerdheid te Harvard, dit so saamgevat: "Dit was dus onmoontlik
dat Sy dissipels sou kon volhard daarin om hul vertellinge as waarheid te
verkondig indien Jesus nie werklik uit die dood opgestaan het nie.
Hierdie feit was vir Jesus se dissipels 'n realiteit, net soos enige ander
feit."
John Singleton Copley, herken as een van die grootse regskenners in die
Britse geskiedenis, het gesê: "Ek weet wat bewyse is; en
ek kan jou verseker, bewyse soos dié aangaande die opstanding van Jesus,
is nog
nooit afgebreek nie."
REDES OM TE GLO
Die opstanding staan sentraal tot die geloof van 'n Christen. Daar
is verskeie redes hoekom diegene wat die opstandingsgeskiedenis bestudeer,
glo dat dit waar is:

VOORSPEL: Eerstens het Jesus self Sy dood en Sy opstanding voorspel
en het beide Sy dood en opstanding plaasgevind, presies soos Hy voorspel
het.
(Lukas 18:31-33)
DIE LEë GRAF: Tweedens, die opstanding is die enigste
aanneemlike verduideliking vir Sy leë graf. As mens die Bybel-verhaal
versigtig lees, sien ons dat die graf waar hulle Sy liggaam neergelê het,
baie behoorlik deur die Romeinse soldate bewaak en met 'n enorme rotsklip
verseël was. Indien, soos sommige beweer het, Jesus nie dood
nie maar
slegs verswak was, sou die wagte en die rotsklip Hom gekeer het om te
ontsnap - of enige reddingspoging deur Sy volgelinge gefnuik het. Jesus se vyande
sou nie die liggaam geneem het nie. As Sy liggaam nie in die graf was nie,
sou dit net die geloof in Sy opstanding verder aangewakker het.
PERSOONLIKE ONTMOETINGS: Derdens is die opstanding
die enigste verduideliking vir die verskynings van Jesus aan Sy dissipels.
Na Sy opstanding het Jesus minstens tienkeer aan mense verskyn wat Hom geken
het, en verder aan soveel as 500 mense by een geleentheid. Die Here
het bewys dat hierdie verskynings nie hallusinasies was nie. Hy het
met hulle gesels, saam geëet en Sy dissipels het Hom aangeraak
(1 Johannes 1:1).
GEBOORTE VAN DIE KERK: Vierdens, die opstanding is
die enigste aanvaarbare verduideliking vir die ontstaan van die Christelike kerk.
Die Christelike kerk is verreweg die grootste instelling wat bestaan of nog ooit
bestaan het in die wêreld. Helfte van die heel eerste preek wat
ooit gepreek is, het te doen gehad met die opstanding (Handelinge 2:14-36).
Duidelik het die kerk verstaan dat dít die fondament was waarop húl boodskap
gerus het.
Dié wat vyandig was teenoor Jesus en Sy volgelinge, kon hulle enige tyd gekeer het deur
bloot Jesus se liggaam na vore te bring.
VERANDERDE LEWENS: Vyfdens, die opstanding is die
enigste logiese verduideliking vir die transformasie van die
dissipels se lewens. Voor Sy opstanding het hulle Hom in die steek gelaat; na Sy
dood was hulle ontmoedig en vreesbevange. Hulle het nie verwag dat
Jesus sou opstaan uit die dood nie.
(Lukas 24:1-11).
Na Sy opstanding en hul ondervinding tydens Pinkster, is daar egter 'n baie
duidelike verandering in die lewens van hierdie verslae en teleurgestelde manne en vroue,
as gevolg van die magtige werking
van die opgestane Christus. Dit was in Sy Naam dat hulle die wêreld onderstebo
gekeer het. Sommige het hul lewens afgestaan vir hulle geloof; ander is
vervolg. Hierdie heldhaftige optrede maak nie sin nie, was dit nie vir
elkeen se oortuiging dat Jesus Christus werklik uit die dood opgestaan het
nie
- 'n feit waardig genoeg om voor te sterf.
Na veertig jaar se werk met die intellektueles van die universiteitswêreld,
moet ek nog 'n persoon teëkom wat, nadat hulle die oorweldigende bewysse van
die goddelikheid en opstanding van Jesus van Nasaret bestudeer het, nie
toegee dat Hy die Seun van God, die beloofde Messias, is nie. Terwyl
sommige wel nie glo nie, erken hulle nogtans: "Ek het nog nie die
nodige tyd opsy gesit om die Bybel te lees, of om die geskiedkundige feite rondom
Jesus te oordink nie."
'n LEWENDE
HERE: Jesus se opstanding het tot gevolg dat ware volgelinge van
Hom nie blindelings die etiese kode van 'n afgestorwe stigter na jaag
nie, maar dat hulle in 'n lewendige verhouding met die
Here Jesus Christus staan.
Jesus Christus lewe vandag en seën en verryk nogsteeds die lewens van almal wat
Hom vertrou en gehoorsaam. Deur die eeue heen het miljoene reeds die
waarde van Jesus begryp, baie van húlle, mense wat ‘n groot impak op die
wêreldgeskiedenis gehad het.
Die Franse fisikus en filosoof Blaise Pascal het gepraat van die mens se
behoefte aan Jesus toe hy gesê het: “Daar is ‘n godgeskape vakuum in elke mens
se hart, wat slegs God kan vul deur Sy Seun Jesus Christus.”
Wil jy
graag vir Jesus as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker leer ken? So
eenvoudig as
wat dit mag klink, jy kan! Jesus is so gretig om ‘n persoonlike, liefdevolle
verhouding met jou te bewerkstellig dat Hy reeds al die nodige
voorbereidings getref het.
Om te weet hoe jy hierdie verhouding met Hom kan begin,
kliek hier... |